BOIKOT Netwerk24 en Kie.

Tot hier toe en nie verder nie. Netwerk24, Rapport, HUISgenoot ens. moet boet vir die verspreiding van valse en halwe nuus asook publikasies sonder toestemming. Joernaliste publiseer slegs inligting wat die meeste sensasie skep. Daar is verskeie bronne maar hulle kies om net die negatiewe daar buite te sit. Hulle kontak mense en word gekontak deur mense met korrekte en winsgewinde inligting en kies dan om dit te verdraai en te skryf soos dit hulle pas. Hulle publiseer mense se persoonlike lewens sonder enige toestemming en/of feite. Hulle sleep mense se name deur die modder wat in hierdie tyd van nood ander help en laat hulle soos misdadigers lyk. Ons noem nie name sonder toestemming nie, anders as Netwerk24 en hulle publiseerders, maar diegene wat deur loop sal wel kan getuig. Daar is baie belangriker dinge besig om in ons land te gebeur soos bv. die plaasmoorde, korrupsie tydens Covid-19 pandemie ens. maar hulle verkies om valse inligting uit hulle duime te suig net om 1 of 2 koerante of tydskrifte te verkoop. Hierdie joernaliste en redakteurs het geen gewete nie en voel niks vir die mense wat hulle skade aan doen nie. Hoe is dit regverdig dat hulle nogsteeds 'n reputasie behou? Nogsteeds verkope het? Nogsteeds publiseer sonder om ordentelike navorsing te doen en dan wel korrekte inligting te kry en te kies om die slegte en valse kant van die saak te staaf? Nogsteeds mense se persoonlike lewens te publiseer sonder enige toestemming? Dalk raak nie een van die sake jou persoonlik nie maar hoe sou jy voel as dit wel doen in die toekoms? Wie weet watter snert hulle volgende gaan uit dink. Hulle beteken absoluut niks vir ons land se welstand op die stadium nie. Pomp net klomp negatiwiteit in almal se koppe in. Ons het dit nie nou nodig nie. Ons mense het nie Netwerk24 nodig nie. #Netwerk24MustFall 


Neem Beheer SA-mense    Contact the author of the petition

Sign this Petition

By signing, I authorize Neem Beheer SA-mense to hand over the information I provide on this form to those who have power on this issue.

We will not display your email address publicly online.

We will not display your email address publicly online.







Paid advertising

We will advertise this petition to 3000 people.

Learn more...