Geen Borgtog vir bendes! Genoeg was lankal genoeg Ons as gemeenskap vrees vir ons lewens op 'n daaglikse basis

Geen Borgtog vir bendes!
Genoeg was lankal genoeg
Ons kinders is bang om buite te speel en hulself te geniet as kinders want enige tyd word daar geskiet.
Onskuldige kinders word daagliks getref deer dwaal koeëls.
Ons as Gemeenskap weet nie meer wat om te doen nie.
Want vandag word hul opgesluit en more stap hulle weer in die gemeenskap.
Die vraag is dan? Hoe lank gaan die wet nog bendes beskerm? Hoe lank gaan ons nog in vrees en trauma moet lewe? Ons is bang om ons kinders skool toe te stuur.
Ons as inwoners van Kraaifontein vrees vir ons lewens op 'n daaglikse basis want die bendes gee nie om of jy oud of jonk is nie.
Ons vrae almal om asseblief te petisie te teken sodat ons die hof kan nader en vra dat die beskuldigdes in aanhouding moet bly tot die saak klaar maak.
Gemeenskap dis nou die tyd om as een te staan en ons stamp af te druk,en te wys dat ons gat vol is.

Asb share en teken die petisie 

inbound4353704648377892220.jpg


Kraailove Community Development    Contact the author of the petition

Sign this Petition

By signing, I authorize Kraailove Community Development to hand over the information I provide on this form to those who have power on this issue.

We will not display your email address publicly online.

We will not display your email address publicly online.







Paid advertising

We will advertise this petition to 3000 people.

Learn more...