Gesondheidsrisiko

Ons die ondergetekendes, inwoners van Bridgton, Bongolethu, Dysselsdorp en De Rust, wens hiermee ons ernstige beswaar te opper rakende die vele oop spasies en persele in ons onderskeie gemeenskappe. Die oop terreine is ‘n teelaarde vir gesondheidsrisiko’s, veral teen die agtergrond van die Covid-19 pandemie.Dit dien as speelplek vir ons kinders en die oop persele of spasies word tans gebruik as stortingsterreinne.Dit dien ook as versamel- of afsetplekke vir dwelmshandel en ander sosiale euwels.Ons versoek die Munisipaliteit om onverwyld en dringend aandag te gee aan die skoonmaak van die oop spasies en persele, aangesien die Munisipaliteit tans baie aandag gee om die woongebiede in die dorp skoon en in stand te hou. Reinigingsdienste is ‘n konstitusionele reg aan elke inwoner en dit is ons mening dat die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit bogenoemde gemeenskappe  in die verband faal.


Oudtshoorn Gemeenskap Inisiatief    Contact the author of the petition

Sign this Petition

By signing, I authorize Oudtshoorn Gemeenskap Inisiatief to hand over the information I provide on this form to those who have power on this issue.

We will not display your email address publicly online.

We will not display your email address publicly online.







Paid advertising

We will advertise this petition to 3000 people.

Learn more...