Red Upington se oorde! Save Upington resorts!

Ons die gemeenskap van Upington en omgewing (“gemeenskap”) wens hiermee n dringende beroep doen op die Dawid Kruiper Munisipaliteit (“Munisipaliteit”) om weens die redes soos hieronder uiteengesit dringend toe te sien tot die volgende;

Dat daar nie voortgegaan word met die implementering van die besluit geneem deur die Raad van die Munisipaliteit op 11 November 2022 om die Eiland Vakansie Oord (“Eiland”) uit te verhuur aan Khethiwe Group Holdings Edms Bpk nie, tot tyd en wyl die gemeenskap die geleentheid gegun om met die Munisipaliteit in gesprek te tree rondom die voortbestaan van die Eiland en hoe daar in die toekoms verder met die Eiland gehandel sal word in lyn met n volhoubare en werkbare plan; en

Dat daar nie voortgegaan word met die implementering van die besluit geneem deur die Raad
van die Munisipaliteit op 03 Desember 2015 om weer Erf 15747 Olivierpark (“Erf”) op openbare
tender uit te sit ten einde die Erf te verkoop nie en dat die Raad die Erf by wyse van privaat
onderhandelinge aan Mnr Sakkie Spangenberg (“Spangenberg”) verkoop, alternatiewelik
verder verhuur word aan Spangenberg.

REDES:

Die Munisipaliteit het n Grondwetlike en toepaslike statututêre verpligting om basiese munisipale dienste aan die gemeenskap te lewer, welke insluit ontspannings geriewe en/of parke, laaasgenoemde indien die Minisipaliteit oor die kapasiteit daartoe beskik;

Die Munisipaliteit het oor die jare versuim om aan hulle Grondwetlike en statutêre verpligtinge te voldoen as gevolg waarvan die eens werkende en operasionele ontspannings geriewe/oorde soos onder meer die Eiland, “Blou Dakkies”, Reitzpark, Spitzkoppe en Bellevue (“ontspannings geriewe”) onder die Munisipaliteit se wanbestuur en/of gebrek aan bestuur verkoop, verwaarloos is en in sommige gevalle totaal en al of in n groot mate tot niet gegaan het en/of nie meer in gebruik is nie;

Die gemeenskap is geregtig tot toegang en gebruik van die ontspannings geriewe, maar oor die jare is daar al meer op die regte van die gemeenskap inbreuk gemaak en die dienste van die gemeenskap ontneem deur die Munisipaliteit se wanbestuur;

Spangenberg het meer as 20 jaar terug begin om die Erf vanaf die Munisipaliteit te huur aangesien die Munisipaliteit nie die Erf vir basiese dienste sou benodig nie;

Ten tye wat Spangenberg die Erf begin huur het was dit n beboste en ontonwikkelde Erf gewees welke Spangenberg oor die jare met eie geld van meer as R1miljoen en moeite ontwikkel het tot en met so n mate dat dit vandag die enigste oorblywende skoon, veilige en operasionele ontspannings geriewe daarstel, toeganklik vir die gemeenskap asook die laaste veilige toegang tot die Oranje Rivier.

Terselfdertyd wat Spangenberg die Erf ontwikkel het, het hy ook die plaaslik, nasionaal en internasionale ikoniese toeriste attraksie van “Sakkie se Arkie” gevestig, welke hy bedryf vanaf die Erf. Gemelde “Sakkie se Arkie” het oor die jare heen en gaan vandag nog steeds voort om ongekende blootstelling te bied aan die dorp Upington en omgewing;


2.

“Sakkie se Arkie” by wyse van die Erf bied die enigste en laaste beheerde en veilige toegang aan die gemeenskap tot die Oranje Rivier.

Benewens die feit dat die Munisipaliteit nie voldoen het aan die statutêre vereistes ten
opsigte van die verkoop, wegdoen en verhuur van die ontspannings geriewe nie versaak die
Munisipaliteit ook hulle statutêre verpligting teenoor die gemeenskap deur alreeds al reeds
in die verlede van sekere van die ontspannings geriewe te verkoop en/of verhuur asook
die ander sodanig te verwaarloos welke meegebring het dat die gemeenskap benewens
“Sakkie se Arkie”, oor feitlik geen ander ontspannings geriewe meer beskik welke die
gemeenskap kan gebruik nie;

Die besluit van die Munisipaliteit om hulle satutêre verpligtinge te vermy om die Eiland op n
behoorlike en volhoubare wyse te bestuur maar eerder aan n ongekende privaat
Maatskappy, laasgenoemde wat oor geen bewese rekord beskik ten opsigte van die bestuur
van n vakansie plek soos die Eiland, kom effektiewelik daarop neer dat die regte van die
gemeenskap verontagsaam word deur die Munisipaliteit;

Indien die Munisipaliteit die Erf verkoop sal hulle die geldelike inkomste vanuit die verkoop
bo die belange stel van die gemeenskap en dit sal ook die einde van Sakkie se Arkie wees,
welke n verlies sal beteken wat Upington nie kan bekostig nie.

Verder daartoe en indien die diens van die onspannings geriewe nie meer deur die
gemeenskap benodig word nie moet daar met die Erf en die Eiland gehandel word
dienooreenkomstig die bepalings van Artikel 14 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet,
aan welke Artikel 14 die Munisipaliteit tot op hede nie voldoen het nie.

Naam Adres // Telefoonnommer Handtekening


Upington Concerned Citizens    Contact the author of the petition

Sign this Petition

By signing, I authorize Upington Concerned Citizens to hand over the information I provide on this form to those who have power on this issue.

We will not display your email address publicly online.

We will not display your email address publicly online.







Paid advertising

We will advertise this petition to 3000 people.

Learn more...