Meer polisiemanne vir Kleinmond

Ons as inwoners en belastingbetalers ondersteun die Gemeenskapspolisieringsforum (GPF) en Kleinmond Straatwag in hul oproep dat daar dringend aandag gegee aan die toedeling van bykomende personeel en hulpbronne aan die Kleinmond polisiekantoor. Misdaad het die afgelope 18 maande die hoogte ingeskiet terwyl daar die afgelope 10 jaar geen bykomende polisiemanne en vroue in die gebied ontplooi is nie. Ons as gemeenskap is nie meer bereid om met die huidige vlakke van misdaad saam te leef nie. Die polisiekantoor self is ook geheel en al ontoereikend en tot drie mense deel ‘n kantoor. Personeel deel letterlik stoele. Ons dring aan daarop dat die provinsiale hoofkantoor van die SAPS dringend aandag aan die saak skenk.

We, as residents and ratepayers support the call of the CPF ( community policing forum) and Kleinmond Streetwatch to have more police deployed in Hangklip/Kleinmond. Crime has escalated to unacceptable levels while no additional staff has been allocated for the past 10 years. The police station is in a shocking state with up to three policemen sharing a tiny office and in some cases chairs. We call on the provincial commissioner of police to act as soon as possible